Skoliere laat vermeende rowers les opsê

Deel hierdie storie / Share this story

TRENANCE PARK, KZN. – Skoliere van die Sekondêre Skool Trenance Park het Donderdagmiddag twee mans wat hulle glo beroof het, aangeval.

Reaction Unit South Africa sê hulle het omstreeks 15:12 ‘n oproep vir hulp ontvang. Voorlopige inligting is dat studente in ‘n geveg betrokke was, maar met aankoms op die toneel is uitgevind leerlinge het die mans wat glo leerlinge beroof het met hul vuiste en bakstene aangeval.

Een van die vermeende verdagtes is ernstig beseer en het oor ‘n grensmuur probeer vlug.

‘n Inwoner het die foto van die beseerde verdagte geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel