GQEBERHA. – ‘n Vrou (20) is glo Dinsdag 25 Julie 2023 in Summerstrand waar sy oorkant studente-akkommodasie in Marine-rylaan alleen op die strand was, beroof en verkrag.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die slagoffer is na bewering deur ‘n man met ‘n panga genader wat haar van haar selfoon beroof en verkrag het. Hy het gevlug toe ‘n verbyganger hom gesteur het.
‘n Verkragtingsaak is by Humewood-polisiestasie geregistreer en ‘n identikit is opgestel. Die verdagte word tussen 25 en 30 jaar oud geskat en is ongeveer 1,7 m lank. Hy het ‘n swart broek en rooi baadjie tydens die verkragting aangehad.
Enigeen met inligting oor die saak het, kan speurder-konst. Babalwa Ramba by 071 475 1737, bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



