Skool ontvang agt bomdreigemente

Deel hierdie storie / Share this story

TONGAAT. – Administratiewe personeel van Sekondêre Skool Tongaat het vroeër vandag agt bomdreigemente van ‘n man ontvang.

Hy het versoek die skool moet onmiddellik ontruim word, anders sal die bom ontplof. Onderwyspersoneel het onmiddellik die leerlinge van die skool ontruim.

Reaction Unit South Africa is na die skool en die Tongaat-polisie is ook na die toneel ontbied.

Die honde-eenheid van King Shaka- internasionale lughawe het die hele skool deursoek, maar geen plofstof is gevind nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel