Polisie soek ma van verlate pasgeborene

Deel hierdie storie / Share this story

TUMAHOLE, VRYSTAAT. – ‘n Pasgebore babadogter is op Maandag 14 Augustus 2014 omstreeks 06:30 verlate toegedraai in komberse in ‘n straat van Tumahole in Parys, Vrystaat, gevind.

Kapt. Loraine Earle sê gemeenskapslede het die vonds by die polisiestasie aangemeld. Die babadogter is deur ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem.

Earle sê dit is onbekend wie die ma is, maar die polisie vra die hulp van die gemeenskap om haar op te spoor. ‘n Saak van kinderverlating word ondersoek. AO Sophie Kgayane kan met inligting by 082 049 5208 of 071 891 4321 gebel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel