Vermiste seun se liggaam in dam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GLENDALE, KWAZULU-NATAL. – ‘n Vermiste tienerseun (15) se liggaam is Maandag 14 Augustus 2023 in Glendaledam gevind.

IPSS Medical Rescue sê die seun is Sondagmiddag laat deur vriende gesien waar hy in die dam geswem het.

IPSS Medical Rescue en Search en Rescue is saam met Umhlali-polisie se K9 soek-en-reddingseenheid na die toneel waar ‘n soektog geloods is.

Dante, snuffelhond van SAPD K9, het die liggaam se ligging uitgewys waarna dit uit die dam gehaal is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel