WES-KAAP. – Ryder Kossatz (17) ‘n gr.-11-leerling aan Wynberg Boys High, is Woensdag 9 Augustus 2023 by Sandy Bay se parkeerarea in Llandudno deur seestrome meegesleur. ‘n Pienk reddingsboei is vir hom gegooi.
Die NSRI vra daar moet vir die pienk reddingsboei, veral tussen Kamps- en Houtbaai waar hy moontlik kon uitspoel of steeds dryf, uitgekyk word. Dit lyk asof Kossatz nie betyds die reddingsboei kon haal nie. Indien die reddingsboei opgespoor word, kan dit bystand verleen om Kossatz op te spoor.
Kossatz was saam met vriende op rotse in vlak golwe toe hy glo deur ‘n golf van die rotse gevee en meegesleur is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



