Dickason – jurie se beraadslaging begin – een van vyf uitkomste

Deel hierdie storie / Share this story

CHRISTCHURCH, NIEU-SEELAND. – Die Lauren Dickason-verhoor het een van die finale stadiums in die verhoor se vierde week bereik.

Regter Cameron Mander en ‘n jurie van agt vroue en vier mans het gedurende die tydperk na polisie-video-opnames van onderhoude, asook getuienislewering vir die staat en die verdediging, onder andere deur deskundiges, geluister.

Slotbetoë is Vrydag aangehoor, waarna regter Cameon Mander Maandag die saak vir die jurie opgesom het. Hy het die staat en verdediging se sake en elke deskundige se getuienislewering vir die jurie opgesom.

Die jurie het Maandag gevra om weer na die polisie-onderhoude te kyk en volgens berigte het Dickason ten tyde daarvan gesit en huil.

Die jurie het daarna verdaag om te beraadslaag om een van vyf uitkomste te bereik, naamlik:

  1. Skuldig aan moord.
  2. Skuldig aan kindermoord, maar nie moord nie.
  3. Moord, maar as gevolg van waansin nie krimineel verantwoordelik nie.
  4. Kindermoord, maar as gevolg van waansin nie krimineel verantwoordelik nie.
  5. Dit kan gebeur dat die jurie in hul uitspraak nie eenparing ooreenkom of ‘n meerderheidsuitspraak bereik nie, wat ‘n hung jury tot gevolg het, wat in NS ‘n nuwe verhoor met ‘n nuwe jurie-paneel beteken.

Regter Mander het nadat hy die opsommings gelewer het gesê dit is na alles ‘n verhoor deur die jurie en nie deur deskundiges nie. Dit is die jurie se besluit watter bewyse hulle gaan aanvaar, al dan nie.

Sy opdrag aan jurielede is om die deskudiges se getuienis met akkuraatheid te beoordeel. Hy het voorts gesê wat Dickason vir elke deskudige gesê het moet in ag geneem word, maar om daarmee versigtig te wees omdat hulle redelikerwys ‘n paar variasies oor hierdie aspek kan verwag.

Die jurie se beslissing word afgewag.

Bronne: Stuff NZ, New Zealand Herald, 1Newz

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel