Vlugtende vermeende rower raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

CANELANDS, KWAZULU-NATAL. – ‘n Vlugtende vermeende rower is Vrydagoggend 11 Augustus 2023 in die baan wat in ‘n noordelike rigting op die R102 beweeg, ongeveer 500 meter van die Canelands-verkeerslig in Verulam, raakgery.

Reaction Unit South Africa is omstreeks 11:26 na die toneel ontbied. Met aankoms is die gedeeltelike naakte man met beserings gevind waar hy op die padoppervlak lê. Daar is vasgestel hy het glo ‘n voetganger gesteek en beroof en was besig om te vlug toe ‘n wit BMW hom stamp.

Die bestuurder van die BMW het nie beserings opgedoen nie. Die voetganger het ‘n geringe steekwond aan sy regterhand opgedoen.

Die polisie was vir verdere ondersoek op die toneel.

Foto’s: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel