Oupa en kleuterseun sterf na brand

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Frank Mkhacani Baloyi (70) en sy kleinseun (3) het gesterf en die ouma (63) is ernstig beseer nadat hul huis Donderdag 10 Augustus 2023 in Rotterdam-woonbuurt gebrand het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is van die brandende huis waarvandaan hulpkrete gehoor kon word, ingelig. Hulle het saam met nooddienste na die toneel gehaas. ‘n Buurman en nog lede van die gemeenskap het probeer help. Die ouma en kleinseun was reeds in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem, maar die oupa is in die huis aangetref en deur paramedici dood verklaar.

Die seun is die volgende dag aan sy beserings oorlede. Twee geregtelike doodsondersoeke is geregistreer. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel