‘n Gr. 10 -leerder van Soshanguve Secure Centre in die noorde van Pretoria se liggaam is Maandag 7 Augustus 2023 gedurende middagete gevind waar hy in die slaapsaal gehang het. Volgens rapportering is die leerling ongeveer twee weke gelede na ‘n jeugsentrum geneem waar hy verhoorafwagtend was.
‘n Gr. 9-leerder van Sekondêre Skool Kgetsi Ya Tsie het op dieselfde dag sy eie lewe tuis geneem.
Steve Mabona, woordvoerder vir GEO (GDE), sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, is hartseer oor die twee voorvalle wat in die provinsie aangemeld is.
‘n Sielkundige ondersteuningseenheid sal dienooreenkomstig in beide gevalle ondersteuning bied.
Chiloane het voorts gesê: “These incidents serve as a grim reminder that the emotional well-being of learners is a shared responsibility that requires immediate attention from all of us. As we mourn the loss of young lives, there is a growing determination to prevent future tragedies and to foster a culture of support, compassion, and understanding within the educational community. We wish to extend our condolences to families and school communities.”
Leerders word aangemoeding om Childline by 116 te skakel indien hulle hulp en ondersteuning nodig het. Dit is ‘n 24-uur tolvry nommer wat van alle diensverskaffer-netwerke bereik kan word.
Gesprekke met Childline word vertroulik hanteer.
Mabona verseker leerlinge indien hul wel hul identiteit wil bekend maak en ‘n berader benodig, sal dit gereël word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



