JOHANNESBURG. – ‘n Eenjarige is na bewering op Saterdag 5 Augustus 2023 deur sy biologiese ma aangerand. Die kind is deur die polisie verwyder en aan die departement vir maatskaplike ontwikkeling oorhandig.
Kol. Mavela Masondo sê ‘n video-opname van die voorval is wyd versprei. Die pa van die baba het die insident by Norwood-polisiestasie aangemeld. ‘n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is geregistreer en word deur GKS ondersoek.
Die biologiese ma het Maandag 7 Augustus in die Johannesburg-landdroshof verskyn en is vrygelaat. Die saak is nie op die rol geplaas nie, maar verdere ondersoek is beveel. Beide ouers se selfone is reeds vir prossesering ingeneem.
Masondo sê geen steen sal onaangeroer gelaat word om geregtigheid vir die eenjarige te verseker nie
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



