Walter Charka Hlongwa (47) is Sondag 6 Augustus 2023 omstreeks 16:30 in sy huis in die Mashifane-woonbuurt buite Sekhukhune in Limpopo doodgeskiet. Lt.kol. Mamphaswa Seabi sê die Tubatse-polisie is op soek na verdagtes.
Familielede wat op die grusame toneel afgekom het, het die polisie in kennis gestel.
Die slagoffer het alleen gewoon. Familielede het bekommerd geraak omdat hy nie sy selfoon antwoord nie, en het ondersoek ingestel. Hulle het glo die hek en deur na die slagoffer se huis effens oop gevind. Die slagoffer is gekry waar hy met verskeie skietwonde in ‘n plas bloed lê.
Voorlopige ondersoek dui aan die deur is oopforseer waarna onbekende verdagte(s) die slagoffer wat in sy bed gelê en slaap het verskeie keer geskiet het.
Die polisie het doppies van ‘n geweer, sowel as ‘n pistool, op die toneel gevind. ‘n Moordsaak waarvan die motief onbekend is, word ondersoek.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die sinnelose moord veroordeel: “We are confident that our investigation team will do diligent work as they work tirelessly around the clock to bring those responsible for this senseless act of violence to book. We urge the community to come forward with information that can assist in the investigation.”
Enigiemand met inligting betrekking tot die misdaad word versoek om lt.kol. Livingstone Mulauadzi by 082 699 4961 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.
Alternatiewelik kan die naaste polisiestasie besoek word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



