Ma vermoor glo kinders, haarself weens armoede

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Butterworth in die Oos-Kaap het glo haar drie kinders vermoor, voor sy haarself om die lewe gebring het.

Luidens ‘n verklaring deur die polisie het hulle Sondag omstreeks 07:00 op die liggame van die ma, Boneka Buso (38) en haar drie kinders, Oratile (5), Orabile (8) en die 14-jarige Anathi in die huis in Tholeni- administraiwe gebied afgekom.

Volgens kol. Priscilla Naidu is die twee jongste kinders glo vergiftig.

Die motief vir die moorde was glo armoede.