Kolonel van Valke in ry doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lt.kol. Frans Mathipa van die Valke is Sondagaand 6 Augustus 2023 op die N1 hoofweg naby Hammanskraal Toll Plaza, doodgeskiet terwyl hy aan die ry was.

Brig. Thandi Mbambo sê lt.genl. Lebeya het ‘n multidissiplinêre span opdrag gegee om die moord te ondersoek en die skuldiges op te spoor. Hy het medelye teenoor die familie, vriende en kollegas van die gevalle kolonel uitgespreek.

Mathipa, wat verbonde was aan die Valke se eenheid vir ernstig georganiseerde misdaadondersoeke in Gauteng was besig met ‘n ondersoek toe hy doodgeskiet is terwyl hy gery het. Hy het beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol en in ‘n sloot beland het. Hy het skietwonde in sy kop opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

‘n Moordsaak is by Hammanskraal-polisiestasie geregistreer wat deur die Valke ondersoek sal word.

Lebeya het die sinnelose moord op een van die mees toegewyde polisiebeamptes veroordeel: “Lt. Col. Mathipa was a devoted investigator who specialised on the Crimes Against The State nonetheless the killers were not discouraged in attacking him in the line of duty. Those who attack police officers are a threat to the country, we are confident that the investigation team will do diligent work and arrest the suspect(s), ensuring that the responsible criminals face the full might of the law. We therefore urge anyone with information to come forward.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel