Lees ook: Ses in hegtenis na taxi met bande en gereedskap vir brandstigting gevind is
Die Johannesburgse metropolisie het Saterdag die Zamimpilo- informele nedersetting in Riverlea ingegaan om aksie te neem teen onwettige myners. Dit volg na die inwoners die strate ingevaar het om te vra dat teen onwettige myners aksie geneem word.
’n Onwettige myner is gewond tydens ’n skietery met die polisie en nog een is by ’n verlate myn in Riverlea in hegtenis geneem.
Die onwettige myners het op die polisie geskiet en gevlug.
Daar is ook Saterdag verskeie wapens, insluitend handgranate en gewere. in ’n tonnel op die terrein gevind.
Bronne: EWN, 702, VN Explorer
Lees ook: Ses in hegtenis na taxi met bande en gereedskap vir brandstigting gevind is



