Bejaarde dood van rookinaseming

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde man (82) is Donderdag 3 Augustus 2023 in die vroeë oggendure in ‘n brandende huis in Emndeni, Soweto, Gauteng, dood.

Xolile Khumale, woordvoerder vir nooddienste in Johannesburg, sê brandweer is om 02:30 na die toneel waar ‘n vierslaapkamerhuis gebrand het.

Met aankoms is ‘n gevind die bejaarde man het van rookinaseming gesterf.

Brandinspekteurs en die polisie ondersoek die voorval.

Geen ander beserings is gerapporteer nie.

Inwoners is gemaan om ekstra versigtig met elektriese toestelle en ander bronne van brandgevaar te wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel