Babadogtertjie lewend in plastieksak gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pasgebore babadogtertjie is Sondag lewend in ‘n plastieksak op ‘n sportveld in Mbuzini, Mpumalanga gevind.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die baba is Sondagmiddag omstreeks 15:00 gekry.

‘n Saak is deur die polisie geopen, Die polisie vra enigiemand met inligting oor hierdie saak om na vore te kom.