‘n Man (50) wat na bewering Donderdag 3 Augustus 2023 ‘n kleuter (4) verkrag het, is deur Namakgale-polisie in hegtenis geneem en sal Maandag 7 Augustus in die Namakgale-landdroshof verskyn.
Kol. Malesela Ledwaba sê die kind is omstreeks 13:30 deur haar ma toegelaat om saam met maats te gaan speel.
Toe die ma later na haar kind toe is, is sy meegedeel die kleuter is saam met ‘n “ou man weg.”
Sy het dadelik na die kind begin soek en het haar omstreeks 15:30 in die straat gekry. Die kind het glo aan haar gesê sy is deur die “ou man” in bosse verkrag, waarna hy haar glo geld gegee het.
Gemeenskapslede het van die beweerde voorval uitgevind en het na die verdagte help soek. Hulle het hom gevind en die polisie ingelig.
Die polisie het die man in hegtenis geneem.
Die kleuter-slagoffer is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die voorval veroordeel en ouers gemaan om na hul kinders te kyk. Sy het ook die gemeenskap wat gehelp het om die verdagte aan te keer, bedank.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



