Ses verkragters tronk toe gestuur

Deel hierdie storie / Share this story

Verkragters in verskeie sake wat deur die GKS-eenheid in die Vrystaat ondersoek is, ontvang stewige vonnisse.

Sers. Mahlomola Kareli sê die verkragters is almal skuldig bevind.

Thabo Donald Molapisi, ‘n taxibestuurder, wat met drie verkragtingsake en ‘n ontvoeringsaak gedurende 2017 verbind is, is lewenslank vir verkragting en ‘n verdere vyf jaar vir verkragting in die Virginia-landdroshof, gevonnis.

‘n Man (36) wat ‘n 15-jarige meisie se stiefpa sou word, is in hegtenis geneem en 15 jaar effektief tronk toe gestuur toe hy haar in 2015 verkrag het terwyl haar ma nie tuis was nie.

Mosia Thabiso (23) het gedurende 2022 ‘n 15-jarige wat onderweg na haar huis was aangeval en haar in die gras langs die pad verkrag. Hy is opgespoor, in hegtenis geneem en tot 18 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

‘n Man (52) wat sy biologiese suster (nege jaar oud ten tyde van die voorval) verskeie kere in hul ouers se afwesigheid verkrag het, is vir 18 jaar deur die hof tronk toe gestuur.

Sabata Pulenyane (24) het sy buurvrou (27) in haar ouershuis verkrag. Hy is 10 jaar gevangenisstraf opgelê.

David Tshabalala (35) wat ‘n vrou aangeval, in bosse verkrag en haar weer verkrag het by haar ouerhuis, is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel