Een dood toe voertuig brand na botsing reg van voor

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood toe ‘n voertuig op die Madadenipad in KwaZulu-Natal na ‘n botsing reg van voor aan die brand geslaan het.

Chantelle Botha sê KwaZulu Private Ambulance Service het hul na die toneel gehaas. Twee voertuie was in die kop-aan-kop-botsing betrokke.

Een persoon wat in die brandende voertuig was, het aan sy beserings beswyk. Nog een persoon was kritiek en ‘n ander ernstig beseer. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel