Seun sny glo ma se keel af

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (27) word daarvan aangekla dat hy glo ‘n vrou se keel afgesny het.

Die 55-jarige vrou van Bothasig in Kaapstad is Woensdag begrawe begrawe nadat sy na bewering deur haar seun vermoor is.

Arno Slabbert het Woensdag in die Goodwood-landdroshof verskyn nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is omdat hy glo sy ma, Margo, se keel afgesny het. Haar liggaam is in haar woonstel in die maatskaplike behuisingskompleks, Bothasig Gardens, gevind.

‘n Inwoner van die kompleks het aan die media gesê dat hy gereeld met sy ma baklei het, en dat hy haar glo aangerand het.

Volgens die polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, word ‘n saak van moord ondersoek. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die verdagte moet weer op 8 Augustus in die hof verskyn.