Altesaam 24 fotograwe van regoor die wêreld het onlangs meegeding in die kompetisie om die beste sportfoto van die jaar aan te wys.
Die Wêreldsportfotografie-toekennings van die jaar is onlangs aangebiedd en meer as 700 fotograwe van nagenoeg 70 lande het aan die kompetisie deelgeneem en van hul beste sportfoto’s ingeskryf.
Die Amerikaanse fotograaf, Patrick Smith, het die gholf-kategorie gewen, maar is ook die algehele wenner van die kompetisie met sy foto, Sky Drive.
Die foto, Justine Dupont deur Octávio Passos het die tweede plek behaal. Dié foto wys ‘n reuse brander tydens ‘n branderplankkompetisie.

Die derde plek is ‘die ‘n foto deur die Britse fotograaf, Phil Noble.

Die Kyalami-renbaan in Johannesburg was ook te sien in die kompetisie met ‘n foto wat die finaal gehaal het.

. Dit is die vierde jaar wat dié kompetisie plaasvind.