‘Oorgewig passasier’ uit eersteklas-vliegtuigsitplek gehys

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Passasier van British Airways het Saterdag na ‘n vlug van 6,5 uur van Nigerië na Heathrow agtergekom hy kan nie uit sy luukse sitplek kom nie.

Hy het stewig in die luukse 1A eersteklas-sitplek waarvoor hy £7 000 (meer as R160 000) betaal het, vasgesit.

Volgens beriggewing kon nie eers die bemanning wat die duidelik sigbare ontstelde man probeer kalmeer het, hom help nie.

Hy was na sy vlug vir nog drie uur in die sitplek wat die ruimste en wenslikste sitplek op die vliegtuig is en saam met fynproewerskos en wyn kom, vasgekeer.

Nooddienste se hulp is ingeroep om eers ‘n kajuitdeur te verwyder voordat hy uit die sitplek gehys kon word.

Alhoewel die situasie snaaks klink, was mede-passasiers simpatiek. Honderde mense het in ongeloof toegekyk terwyl bemanning probeer het om die man te kalmeer.

‘n Ingenieursnota het soos volg gelees: ‘A volumetric passenger is stuck in seat 1A. The plan is to remove the suite door and use a hoist to eject [him] from the seat.’

Bronne: The Sun, Mail Online en Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel