Man in hof, glo met ‘n renosterhoring gevang

Deel hierdie storie / Share this story

Hlulani Baloyi (47) het Donderdag in die Kemptonp8ark-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ‘n renosterhoring.

Volgens die SAPD is die saak tot 11 Augustus uitgestel.

Lede van die Benoni-polisie se K9-eenheid het ‘n ‘verdagte’ Toyota Etios tydens ‘n roetinepatrolle op die R21 naby Atlasstraat opgemerk. Die voertuig, wat slegs een insittende gehad het, is deursoek.

‘n Geel sak is glo onder die bestuurder se sitplek gevind, waarin daar na bewering ‘n renosterhoring van 1,6 kg was.

Hy kon glo nie verduidelik waar hy die renosterhoring gekry het nie.