‘Huisrower’ sterf op misdaadtoneel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man, wat na bewering ‘n verdagte is, het gisteraand tydens ‘n huisroof in Killikrankiepad in Westville-Noord in KwaZulu-Natal gesterf.

ALS Paramedics is net voor 20:00 uitgeroep na ‘n skietvoorval tydens ‘n beweerde huisroof. Met aankoms op die toneel was die polisie en sekuriteitsbeamptes reeds op die afgesperde toneel.

Paramedici is ‘n man gewys wat na bewering ‘n verdagte is en verskeie skietwonde opgedoen het. Hy was in ‘n kritieke toestand en ten spyte van gevorderde lewensondersteunende intervensie van paramedici het hy ‘n hartstilstand gehad en op die toneel gesterf.

Omstandighede wat tot die skietery gelei het, is tans onbekend. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel