Altesaam 13 liggame van mans is tot dusver gevind by die Tweepad-mynarea naby Kleinsee in die Noord-Kaap waar vorlopige ondersoek daarop dui dat ondergrondse myntonnels ineengestort het.
Lt.kol. Sergio Kock sê die eerste insident het op 31 Julie 2023 omstreeks 17:45 plaasgevind toe ‘n tonnel meegegee en die liggaam van ‘n man gevind is.
In die tweede insident wat op 1 Augustus omstreeks 20:00 in dieselfde area plaasgevind het, is agt liggame gekry nadat ‘n tonnel op hulle ingestort het.
Op 2 Augustus omstreeks 21:00 is nog vier liggame gevind.
Kock sê in hierdie stadium is die identiteit en nasionaliteit van die oorledenes nog onbekend. Die polisie se ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



