Fikile Mbalula nie vervolg nie

Deel hierdie storie / Share this story

Fikile Mbalula sal nie deur die NVG (Nasionale Vervolgingsgesag) vervolg word nie.

Lumka Mahanjana, streekswoordvoerder vir die NVG in Gauteng, sê ‘n verslag is op 19 Desember 2019 deur die Openbare Beskermer vrygestel wat ‘n ondersoek aangevra het.

Fikile Mbalula, wat gedurende daardie tyd die posisie van minister van sport, kuns en kultuur beklee het, was tussen Desember 2016 en Januarie 2017 met ‘n familievakansie in Dubai wat na bewering deur Sedgars Sports befonds was.

Die openbare beskermer wou deur die ondersoek vasstel of die vakansiegeld die opbrengs van geldwassery was met die oog op vervolging indien enigiemand in kriminele dade betrokke is.

‘n Saakdossier, MAS 158/08/2019, was by Brooklyn-SAPD registreer en ondersoek.

Die ondersoek is voltooi en geen been bewyse is gevind wat die bewerings van kriminele aktiwiteite staaf nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel