Refentse verjaar vandag

Deel hierdie storie / Share this story

Refentse Morake, bekende SA-sanger, is vandag 26 jaar oud.

Die bekende Afrikaanse sanger van Vereeniging is op ouderdom 17 “ontdek” toe hy op die sypaadjie van ‘n voorstad van Vereeniging opgemerk is terwyl hy kitaar gespeel en gesing het.

Tannie Kleintjie het hom opgeneem en die video op Facebook gesit. Die video is die eerste dag 30 000 keer gekyk en vier dae later 160 000 keer, en dit het net aanhou groei.

Gedurende April 2015 het hy by die KKNK in ‘n straat in Oudtshoorn opgetree en het ‘n fooitjie vir sy poging van Karen Zoid ontvang.

Hy is daardie aand ‘n by die KKNK ‘n musiekkontrak aangebied.

Sy debuutalbum My Hart Bly in ‘n Taal is in 2016 vrygestel en sy tweede album Deur My Venster het in 2017 die lig gesien.

Hy is alombekend vir liedjies soos Reisiger, Vuil Vanderbijl, Annoret en vele meer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel