Wees deel van die Vetkoekpaleis-ateljee!

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewilde Afrikaanse komedie, Vetkoekpaleis, is een van die dae terug en jy het die geleentheid om dit in aksie te sien!

Tien episodes van Vetkoekpaleis II sal tussen September en Oktober by die AfriForum-teater in Pretoria regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem word.

Willem en Pieter Esterhuizen, die broers wat die oorspronklike reeks in 1996 begin het, bring die geliefde sepie weer tot lewe.