Sestien beseer toe minibustaxi rol

Deel hierdie storie / Share this story

Sestien persone, waarvan twee ernstig, is beseer toe ‘n minibustaxi vanoggend op die Rondebergpad in Atlantis in die Wes-Kaap gerol het.

Volgens Arrive Alive was ER24 en ander nooddienste net na 09:00 op die toneel. Die minibustaxi is regop in die middel van die pad gevind. Verskeie passasiers het langs die pad gesit.

Die beseerdes is geassesser. Twee passasiers is ernstig beseer en nog 14 ander het geringe tot matige beserings opgedoen. Een van die beseerdes is deur ‘n AMS-helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem terwyl die ander per ambulans vervoer is.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel