Die departement van korrektiewe dienste sê mense wat uniforms van gevangenes of tronkbewaarders in TikTok-video’s dra, kan tot 18 maande gevangenisstraf opgelê word.
Die waarskuwing volg op onlangse video’s op sosiale media waar mense nagemaakte uniforms dra.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, is dié praktyk onder geen omstandighede aanvaarbaar nie.
Hy voer aan dat die Wet op Korrektiewe Dienste bepaal dat geen ongemagtigde persoon die departementele drag of kenteken van die departement of ‘n bewaringsbeampte mag dra of gebruik nie.
“Gegewe die tye waarin ons leef, waar talle mense inhoud op sosiale media skep, is dit asof daar ‘n toename is in mense wat uniforms dra.”



