Help man van Benoni opspoor sedert Januarie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Clive Walter Larsen (50) is sedert 12 Januarie 2023 van ‘n vesorgingsentrum in Benoni vermis.

Hy is daar weg en is na bewering op 4 Mei op die hoek van Republic- en Rabiestraat in Randburg opgemerk.

Hy het wit teruggekamde mediumlengte hare. Die klere wat hy aangehad het is dié op die foto. Uitkenbare merke is littekens op die agterkant van sy kop en ‘n tatoe van ‘n engel op sy rug.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persone in verbinding getree word:

Sers. Shingange van Linder-SAPD – 078 110 3619 of 08600 10111

Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel