‘Veearts’ wat glo kat op eienaar se tafel kastreer bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie is op soek na vermiste meisie (14)

‘n Man wat homself as ‘n veearts voorgedoen het, het Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die man is in hegtenis geneem na hy ‘n kat, genaamd Howard, op sy eienaar se tafel gekastreer het.

Howard die kat was verdoof, maar het skielik baie bloed begin verloor, dus het sy eienaars met hom na ‘n privaat veearts gejaag waar dit bevind is hy is gedehidreer en het baie pyn.

Die verdagte is in hegtenis geneem en is borg geweier tot sy immigrasiestatus bekend is. Die saak is uitgestel tot 31 Julie 2023.

Bronne: IOL, Daily Voice, The Africa, VN Explorer

Lees ook: Polisie is op soek na vermiste meisie (14)