Motorfietsryer ernstig beseer toe trekker met sleepwa oor hom ry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Motorfietsryer is ernstig beseer nadat ‘n trekker wat ‘n sleepwa sleep Dinsdag 25 Julie 2023 in die Cranbrook-area naby Kwadukuza in KwaZulu-Natal oor hom gery het.

IPSS Medical Rescue het oproepe van die ongeluk ontvang.

Met aankoms is gevind dat ‘n man wat ‘n motorfiets gery het met die trekker, wat ‘n sleepwa sleep, gebots het. In die proses het die trekker oor hom gery.

Die man is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy deur ‘n helikopter van Air Mercy Service (AMS) vir verdere mediese behandelikg na ‘n toepaslike fasiliteit gevlieg is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel