‘n Man wat 17 jaar agter tralies deurgebring het nadat hy skuldig bevind is aan verkragting, is vandag deur die hof in Great Manchester Engeland onskuldig bevind.
Die 57-jarige Andrew Malkinson is in 2003 skuldig bevind aan ‘n aanval op ‘n vrou.
Daily Mail berig Malkinson is tot lewenslange tronkstraf gevonnis met ‘n minimum tydperk van sewe jaar, maar het ‘n ekstra 10 jaar agter tralies gesit omdat hy volgehou het hy is onskuldig.
Malkinson se vonnis en skuldigbevinding is ter syde gestel nadat nuwe DNS-bewyse suksesvol met ‘n ander verdagte verbind is.



