‘n Transgender seun wat sy eie lewe geneem het omdat hy glo by sy skool geboelie is, het verskeie video’s in die weke voor sy dood op TikTok geplaas.
Die 13-jarige Onyx John het sy tekenprentjies nog gedeel tien dae voor sy ma op sy liggaam in hulle huis in Beaudesert in Queensland afgekom het.
“Moet dit asseblief nie haat nie, want my liggaam lyk regtig so,” het hy saam met video’s van tekenprentjies met selftoegediende beserings geplaas.
John se familie sê aan Daily Mail dat hy sosiale media as ‘n “veilige spasie”, weg van boelies af, ervaar het. Hulle was egter steeds bekommerd dat hy metodes aanlyn leer oor hoe om homself seer te maak.



