Elvis Blue, gewilde SA-sanger, het vir Adely, wat ‘n briefie in sy kitaarkas by ‘n vertoning gelaat het, teruggeskryf.
Die sanger het haar op sy Facebook-blad vir die briefie bedank en vir haar geskryf waaraan dit hom herinner.
“Dis soms net die eenvoud van ‘n pen optel en ‘n mooi briefie soos die een wat jy aan my geskryf het wat soos ‘n klein vlam is wat op die ou end ‘n hele bos aan die brand steek.”
Hy wens haar toe dat sy bereik waaroor sy droom en dat hy hoop om haar eendag te ontmoet.
Lees sy volledige plasing hier onder:
Liefste Adely
Dankie vir die brief wat jy in my kitaar kas gelos het by my vertoning. Adely, dankie vir jou. Jou brief herinner my net weer aan die mooi van n droom en die waagmoed wat dit vat om dit te jaag. Sulke drome jaag mens en dit voel soms vir jou groot, maar dis die klein dingetjies wat die groot verskil maak op die ou end. Dis die dingetjies wat ons doen en dink waneer ons aleen is wat die grootse impak op ons pad het. Dis soms net die eenvoud van n pen optel en n mooi briefie soos die een wat jy aan my geskryf het wat soos n klein vlam is wat op die ou end n hele bos aan die brand steek. Ek ken jou nie Adely, maar ek is so dankbaar vir jou. Mag jy alles bereik wat jy oor droom en selfs nog meer. Mag jy sommer die lanpad soontoe ook geniet!! Net liefde. Ek hoop ek kan jou eendag ontmoet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



