‘My baba is reguit hemel toe, en ek gaan haar weer sien’ – Riana Nel

Deel hierdie storie / Share this story

Die sangeres, Riana Nel, het Sondag ‘n video gedeel waarin sy die eerste keer openhartig oor haar miskraam praat.

Nel sê in haar video hoewel sy bitter lief is vir haar man, is hy nie Jesus nie en op die ou end is Jesus al een wat die seer kan genees en die een wat die pad saam met haar gaan stap.

Nel vertel haar vier seuntjies weet hulle het ‘n sussie, Sophia, wat in die hemel is.

Nel se ma was ook op Sondag (23 Junie) elf jaar gelede oorlede.