‘n Vrou het haar drie jong kinders en daarna haarself om die lewe gebring.
Die Daily Mail berig die tragedie het Donderdagaand plaasgevind.
Luidens ‘n verklaring wat deur owerhede in Oklahoma VSA uitgereik is, is die 39-jarige Brandy McCaslin, ‘n kind van tien maande oud, ‘n sesjarige en ‘n 11-jarige dood. McCaslin het die drie kinders doodgeskiet voordat sy haarself doodgeskiet het.
Die polisie in Verdigris het omstreeks 16:00 Donderdagmiddag “vuurwerke” by ‘n huis gesien en glo geweet “daar is iets fout”.
Toe ‘n beampte buite die huis stop, het hulle gesien ‘n “Roman candle” word deur ‘n stukkende venster afgevuur. Dit is glo deur ‘n vrou gebruik om aandag te trek. Sy het een van die kinders na die huis geneem vir ‘n toesig onder besoek.
Die kind se ma het toe glo ‘n vuurwapen op die vrou gerig, haar eie kind gevat en twee ander kinders wat saam met die vrou was, in die motorhuis toegemaak.
Na die polisie op die toneel aangekom het, kon die vrou en twee kinders gered word. Die polisie het glo vir drie uur probeer om met McCaslin te onderhandel. Na hulle vir ‘n rukkie geen antwoord gekry het nie, het hulle die huis binnegegaan. Daar het hulle MsCaslin en drie kinders met skietwonde aangetref. Hulle was al vier dood.



