Verdagte van gewapende roof ontsnap uit aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Molebatsi Piet Motaung (25), wat vir beweerde gewapende roof in aanhouding was, het Vrydag 14 Julie 2023 te Airport-seksie, Phiritona, Heilbron, in die Vrystaat ontsnap. Die polisie versoek hulp om hom op te spoor.

Sers. Mahlomola Kareli sê die verdagte was vir ondersoek uitgeboek en het met aankoms by sy huis die hasepad gevat en tussen sinkhuisies en in dik mis verdwyn.

‘n Volskaalse soektog deur polisie en die gemeenskap het niks opgelewer nie.

Enigiemand met inligting van waar Motaung hom bevind, kan met speur-AOHendrickse by 079 876 9201 kontak maak.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word, of anonieme wenke kan na die MySAPS-toepassing gestuur word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel