Man beroof terwyl hy koei help kalf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Donderdagmiddag van sy vuurwapen, motorsleutels en beursie beroof terwyl hy ‘n koei met die kalfproses gehelp het in Cottonlands in KZN.

Reaction Unit SA (Rusa) het omstreeks 16:26 ‘n oproep om bystand ontvang.

Met hulle aankoms op die toneel kon hulle vasstel die eienaar van die koei en sy veewagter was besig om te help met die geboorte van ‘n kalfie toe twee mans hulle nader en aanbied om te help. Die slagoffer het in ‘n stadium onrustig gevoel en ‘n foto van die twee mans geneem.

Die “barmhartige samaritane” het ‘n mes en ‘n vuurwapen uitgehaal en die slagoffer opdrag gegee om sy waardevolle besittings te oorhandig. ’n Stryery het ontstaan ​​ waartydens die slagoffer geval het, wat daartoe gelei het dat sy vuurwapen deur die verdagtes afgevat is. Hy is beveel om sy beursie en motorsleutels vir hulle te gee voordat hulle in ‘n suikerrietplantasie ingevlug het.

In ‘n stadium is die verdagtes onderskep, maar hulle het op hul agtervolgers geskiet. Rusa is toe vir bystand gekontak.

Beamptes het ‘n uitgebreide soektog gedoen, maar die verdagtes is steeds op vrye voet.