Binnelanders-akteur oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Die akteur Bradley Olivier, bekend vir sy rol as Danny Jantjies in die bekende TV-reeks Binnelanders, is vandag oorlede nadat hy vir die afgelope paar dae met masjiene aan die lewe gehou is.

Die familiewoordvoerder, Solomon Cupido, het die nuus in ‘n verklaring bevestig.

“Sy lewe het vroeër tot ‘n einde gekom as wat dit moes, maar ons tyd saam met hom was vol vreugde.”

Cupido het namens die familie die Life Flora-hospitaal bedank vir die wyse waarop hulle Olivier versorg het.