Bejaarde vrou dood gevind in Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

Barbara Elaine Coetzee (75) is Woensdag 19 Julie 2023 te Monsstraat in Bayswater, Bloemfontein, waar sy alleen gewoon het, dood gevind.

Lt.kol. Thabo Covane sê die polisie het omstreeks 09:00 ‘n klagte ontvang.

Met aankoms by die adres het die eienaar van Garden Service Company, wat die agterkant van die perseel huur, gesê die tuindienste se werkers het gevind die hek was nie soos gewoonlik oop nie.

Een van die werkers het gevolglik oor die heining gespring en die liggaam van die bejaarde vrou deur die venster op die grond sien lê.

Die oorledene is deur paramedici dood verklaar.

Die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum (PKRS) het die toneel vir leidrade gefynkam. ‘n Saak van moord is by die Bayswater-polisiestasie geregistreer.

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word versoek om met kapt. David Ramasoala by 082 4681 624 in verbinding te tree.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel