Man en vrou se liggame in huis gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man doodgesteek wat vir vervoer wag

’n Man (47) en sy vrou (38) se liggame is vanoggend in ’n plas bloed in Bloemfontein ontdek.

Die liggame is deur die paar se 17-jarige dogter gevind toe sy die huis vanaf die tuinwoonstel wat sy met haar broer (21) deel, binnegegaan het.

Sy het haar broer gaan wakker maak en hulle het die polisie gebel. Die vrou is verskeie kere geskiet en die man het een skietwond aan sy kop gehad.

Albei oorledenes het by die Mangaung-metromunisipaliteit se verkeersdepartement gewerk. Die polisie ondersoek die moorde.

Bronne: SAPS

Lees ook: Man doodgesteek wat vir vervoer wag