Een persoon sterf in ongeluk reg van voor

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is Maandag dood in ‘n kop-aan-kop-botsing op die N2 Zinkwazipad in KwaZulu-Natal.

IPSS Medical en IPSS Search and Rescue is na die ongelukstoneel ontbied. Met aankoms is gevind dat die bestuurder van een voertuig en die passasier van ‘n tweede voertuig in die wrakke vasgekeer is.

Hulle is deur KDM-brandweer bevry, maar die bestuurder van die een voertuig het op die toneel aan beserings gesterf en is dood verklaar.

Die vasgekeerde passasier wat in ‘n kritieke toestand was, is gestabiliseer en vir verdere mediese sorg na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem.

Die bestuurder van die tweede voertuig is matig beseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.