Baba van 9 maande sterf tydens eerste dag by kleuterskool

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Nege maande oue seuntjie is 16:01 Dinsdagmiddag dood verklaar op sy eerste dag by ‘n kleuterskool in Zwelisha, KZN.

’n Versorger het Reaction Unit South Africa (Rusa) gekontak nadat hulle ontdek het die baba reageer nie. Rusa-paramedici is dadelik na die kleuterskool ontbied en het met hul aankoms ‘n groot skare op die erf aangetref. Die kind was sonder klere en in ‘n kombers toegedraai. Paramedici het die minderjarige ondersoek en hom dood verklaar.

Volgens die eienaar van die skool is die seun Dinsdagoggend by die kleuterskool ingeskryf. Hy het na bewering aan die slaap geraak terwyl hy middagete gevoer is.

Omstandighede wat tot sy dood gelei het, moet nog vasgestel word.