Lees ook: Bheki Cele sê hulle sal opdragte uitvoer oor Zuma
‘n Polisiebeampte wat glo sy voormalige meisie se ma (82) doodgeskiet het, sal vandag in die hof verskyn.
Sers. Mautla Silas Maluleke (42) word ook beskuldig daarvan dat hy sy voormalige meisie, konst. Rhofhiwa Munyai en haar seun in die voorval geskiet het.
Opod se woordvoerder, Robbie Raburabu, het gesê hulle ondersoek aanklagtes van moord, brandstigting en poging tot moord teen Maluleke. Hy het glo na Munyai se huis gegaan in Rietgat waar hy ‘n venster gebreek het en by die huis in begin skiet het.
Munyai se ma is dood en Munyai en haar seun is beseer. Maluleke het na bewering toe die huis aan die brand gesteek en gevlug. Hy is ‘n week later op 14 Junie 2021 deur Opod in hegtenis geneem.
Maluleke is afgedank en het in die tronk gebly na borg geweier is.
Bronne: IOL, The Africa, Twitter



