Bheki Cele sê hulle sal opdragte uitvoer oor Zuma

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Malema sê Ramaphosa moet Zuma kwytskeld

Die konstitusionele hof het Donderdag beslis Jacob Zuma is onwettig vrygelaat op mediese parool en het beslis die kommissaris van korrektiewe dienste moet besluit of hy moet teruggaan tronk toe of nie.

Die polisieminister Bheki Cele het Saterdag gesê die polisie sal wag vir die korrektiewe dienste se beslissing oor Zuma en sal enige opdrag wat hulle ontvang, uitvoer. Hy het gesê hulle berei voor vir die opdrag dat Zuma moet teruggaan tronk toe of die beslissing dat hy klaar sy vonnis uitgedien het.

Daar was verslae oor besighede in Gauteng en KwaZulu-Natal wat bekommerd is oor onrus as Zuma moet teruggaan tronk toe. In 2021 in meer as 300 mense dood in Gauteng en KwaZulu-Natal tydens die onrus wat uitgebreek het na die beslissing dat die oud-president tronkstraf moet uitdien. Die ekonomie het ook groot skade deur hierdie protesoptrede gely.

Bronne: IOL, Economy24, VN Explorer, Twitter

Lees ook: Malema sê Ramaphosa moet Zuma kwytskeld