AfriForum verwelkom die inhegtenisneming van ’n verdagte in die onlangse voorval waar ’n vragmotor op die N2 by Piet Retief aan die brand gesteek is. Die organisasie meen egter dat die ware toets vir die SAPD gaan wees of die 12 persone van belang, wat geïdentifiseer is, aangekeer gaan word om werklike inligting te bekom oor die oorsprong en persone of groepe wat agter hierdie sabotasie sit.
“Hierdie verdagte is waarskynlik net ’n voetsoldaat en hierdie vinnige arrestasie moenie die aandag aftrek van die 12 persone wat nog aangekeer moet word om die wortel van die kwaad te kan bepaal nie,” sê Johan Kruger, strategiese raadgewer by AfriForum.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



