Die All Blacks se hoofafrigter, Ian Foster, het Donderdag sy medelye teenoor Eben Etzebeth uitgespreek na sy pa oorlede is.
Etzebeth se pa, Harry, is Dinsdagaand dood. Dit moet nog gesien word of die slot die naweek gaan speel of huis toe vlieg na Suid-Afrika.
Harry het glo kanker gehad.
Die slot is gekies om Saterdag die Springbokke as instaankaptein te lei. Dis nog onseker of Etzebeth gaan aanbly in Nieu-Seeland vir die wedstryd en of hy gaan terugkeer na Suid-Afrika.
Sou Etzebeth besluit om vir die Wêreldbeker-titelhouers te speel, sal dit sy eerste wedstryd wees sedert hy drie maande gelede ‘n skouerbesering opgedoen het.
Die Springbokke het Australië verlede Saterdag 43 – 12 op Loftus geklop. Die afskop is Saterdag om 09:05 (SA-tyd).



